-
Die Begin: God en Geloof in Fort De Goede Hoop 1652-1655
0R380,00Wat gebeur wanneer skepe die windverwaaide suidpunt van Afrika teen die helfte van die 17de eeu aandoen en hulle On maritieme diensstasie ontwikkel? Wat gebeur wanneer hierdie mense die Christelike geloof saamdra en aan Cabo de Bona Esperana beoefen en uitleef? Die boek vertel hierdie verhaal opnuut uit die oorspronklike bronne. Watter mense was dit wat die Bybel saamgebring het? Wat het hulle gesing, gebid, geglo? Aan watter weergawe van die Christendom is destyds voorkeur gegee? Die geskiedenis word dikwels beskryf asof God en geloof nie saak maak nie en eintlik weglaatbaar is. Die boek gee On ander perspektief. Die samehang van geskiedenis en godsdiens is opgespoor en beskryf. Vir almal wat vandag met die omstrede verlede en met mekaar saamleef.
-
Die Houtbeen van St Sergius
0R390,00Chris van der Merwe vertel in hierdie boek die verhaal van sy eie omgang met die letterkunde ? ‘n persoonlike verhaal, maar ook ‘n stimulus vir lesers en navorsers wat belangstel in verbande tussen letterkunde en lewe.
Die opstelle wissel in styl. Sommige is geskryf as akademiese artikels, ander as resensies, ander as essays. Die resensies en essays is meer informeel in toon en bevat minder verwysings en bibliografiese besonderhede as die akademiese artikels. ‘n Paar opstelle is in Engels ? getuienis van die skrywer se verlange om die boeiende veld van die Afrikaanse letterkunde te deel met mense wat Afrikaans nie magtig is nie of nie genoegsaam van Afrikaans notisie neem nie.
-
Die Kaapse Helpmekaar
0R440,00Die boek beoog om die verhaal van die Kaapse Helpmekaar as katalisator in die ekonomiese opheffing van Afrikaners in die vaarwater van die Rebellie van 1914-15 te vertel. In die proses was die Kaapse Helpmekaar, met sy fokus op opvoeding en onderwys, ‘n bemiddelaar in Afrikaner-opheffing, selfrespek en aansien. Dit was dus ‘n fasiliteerder van Afrikaner sosiale mobiliteit. As ‘n kredietverskaffer vir tersiere opleiding van Afrikaanse studente vir meer as ‘n honderd jaar, verteenwoordig die verhaal in ‘n sekere sin die verhaal van Afrikaners – van hul armblanke-status in die vroeg 20ste eeu tot vooruitstrewende burgers van die kapitalistiese verbruikerskultuur van die 21ste eeu. Die verhaal van die Kaapse Helpmekaar resoneer in die sin ook met die huidige debatte rondom die finansiering van tersiere onderrig. Dit verskaf ‘n Afrikaner-antwoord op ‘n 20ste eeuse #feesmustfall-uitdaging wat, ten spyte van die verskil in konteks, ‘n templaat en ‘n benadering voorhou waarby ‘n 21ste eeuse Suid-Afrika steeds baat kan vind.
Print: View Print Version
-
Die Kaapse Helpmekaar
0R550,00Die boek beoog om die verhaal van die Kaapse Helpmekaar as katalisator in die ekonomiese opheffing van Afrikaners in die vaarwater van die Rebellie van 1914-15 te vertel. In die proses was die Kaapse Helpmekaar, met sy fokus op opvoeding en onderwys, ‘n bemiddelaar in Afrikaner-opheffing, selfrespek en aansien. Dit was dus ‘n fasiliteerder van Afrikaner sosiale mobiliteit. As ‘n kredietverskaffer vir tersiore opleiding van Afrikaanse studente vir meer as ‘n honderd jaar, verteenwoordig dia verhaal in ‘n sekere sin die verhaal van Afrikaners ? van hul armblanke-status in die vroeg 20ste eeu tot vooruitstrewende burgers van die kapitalistiese verbruikerskultuur van die 21ste eeu. Die verhaal van die Kaapse Helpmekaar resoneer in die sin ook met die huidige debatte rondom die finansiering van tersiore onderrig. Dit verskaf ‘n Afrikaner-antwoord op ‘n 20ste eeuse #feesmustfall-uitdaging wat, ten spyte van die verskil in konteks, ‘n templaat en ‘n benadering voorhou waarby ‘n 21ste eeuse Suid-Afrika steeds baat kan vind.
eBook: View eBook Version
-
Die Lewende Stem van die Evangelie
0R295,00Prediking hier in Johan Cilliers se vernuwende jongste boek beskryf as die hart en siel van die kerk vra om konstante hersiening, sowel as trou aan die beginsels. Vandaar die boek se subtitel: ONuut gedink oor die basiese beginsels van predikingO.
Die lewende stem van die evangelie is On gesaghebbende teksboek vir alle studente van die teologie en On aansporende handleiding vir predikers.
Dit is ook beskikbaar in Engels as The living voice of the gospel.
-
Die mond vol vuur
0R415,00Die belangrikheid van Breyten Breytenbach in die literore, kulturele en politieke landskap van Suid-Afrika kan moeilik oorskat word. As skrywer het hy ‘n monumentale oeuvre opgebou wat bestaan uit digbundels, kortverhaalbundels, romans, prosatekste, outobiografiese tekste, reisboeke, teaterstukke, essaybundels en skrywershandleidings. As skilder het hy ‘n indrukwekkende korpus van werke geproduseer. As openbare figuur het hy hom volhardend bly bemoei met Suid-Afrikaanse toestande ten spyte van die feit dat hy vir die grootste deel van sy lewe buite die land gewoon het. Hierdie boek gee ‘n oorsig van verskillende aspekte van Breytenbach se skryfwerk. Die boek lewer verslag van ‘n jare lange belangstelling in Breytenbach se werk, veral sy poasie. In sy geheel reflekteer die boek die verskillende leesstrategiea waartoe die werk van hierdie skrywer die leser uitnooi. Sommige van die hoofstukke ondersoek bepaalde temas in sy oeuvre, terwyl ander op spesifieke tekste fokus [vir die] plesier wat dit kan gee om woord vir woord met ‘n Breytenbach-teks besig te wees.
-
Die Noordwaartse beweging van die Boere voor die Groot Trek (1770-1842)
0R450,00Hierdie reeks van 4 historiese boeke deur P.J. van der Merwe herleef weer deur middel van digitale druk-tegnologie. Die oorpronklike boeke is geskandeer en is nou beskikbaar in druk- en PDFformaat, as On stel of individueel.
Die ander boeke in die reeks is Die Noordwaartse Beweging van die Boere voor die Groot Trek (1770_1842) en TREK Studies oor die Mobiliteit van die Pioniersbevolking aan die Kaap (1770_1842).
-
Die reis gaan inwaarts
0R350,00‘By Schoeman word individuasie nie ‘n selfsugtige wegkeer van die realiteit nie ? daarvoor is sy werk ta betrokke by die situasies van die dag. Maar dit help om afstand te skep. Die onthegting van die omringende is nie ‘n selfsugtige inkeer na binne nie, nie ‘n verlammende onttrekking nie, maar ‘n inwaartse reis wat stimuleer tot kreatiewe ondersoek van die onbewuste. Die romans neem die leser op daardie stille reis. Hulle bied ervarings van ‘n ontmoeting met die stilte, met die self. Hierdie werk van Wepener slaag daarin om iets van hierdie proses en inwaartse reis te verduidelik, sonder om voorskriftelik of moraliserend te raak. Juis daarom gee Wepener uiteindelik op ‘n praktiese manier leiding aan diegene wat met die dood gekonfronteer word.?
Vanuit die Voorwoord deur Willie Burger, Mei 2017eBook: View eBook Version
-
Die reis gaan inwaarts
0R0,00“e;By Schoeman word individuasie nie ‘n selfsugtige wegkeer van die realiteit nie – daarvoor is sy werk te betrokke by die situasies van die dag. Maar dit help om afstand te skep. Die onthegting van die omringende is nie ‘n selfsugtige inkeer na binne nie, nie ‘n verlammende onttrekking nie, maar ‘n inwaartse reis wat stimuleer tot kreatiewe ondersoek van die onbewuste. Die romans neem die leser op daardie stille reis. Hulle bied ervarings van ‘n ontmoeting met die stilte, met die self. Hierdie werk van Wepener slaag daarin om iets van hierdie proses en inwaartse reis te verduidelik, sonder om voorskriftelik of moraliserend te raak. Juis daarom gee Wepener uiteindelik op ‘n praktiese manier leiding aan diegene wat met die dood gekonfronteer word.”e; Vanuit die Voorwoord deur Willie Burger, Mei 2017
Print: View Print Version
-
Die tand van die tyd
0R315,00Jac Conradie se intreerede as professor aan die Universiteit van Johannesburg het as titel ?Die tand van die tyd? gehad. Die bydraes in hierdie bundel weerspieal iets van Jac se veelsydigheid en van sy impak op die akademie. Bydraes uit Europa, Noord-Amerika en Afrika deur taalkundiges, letterkundiges en historici getuig van die respek wat Jac oor ‘n wye akademiese front afdwing. As die huldiging van ‘n loopbaan, van ‘n wetenskaplike, maar ook van ‘n wellewende mens, kan hierdie bundel nie genoegsaam wees nie, maar dit is ‘n aanduiding van die waardering en hoa agting wat akademici die woreld oor vir Jac het
-
Die Trekboer in die geskiedenis van die Kaapkolonie (1657-1842)
0R390,00Hierdie reeks van 4 historiese boeke deur P.J. van der Merwe herleef weer deur middel van digitale druk-tegnologie. Die oorpronklike boeke is geskandeer en is nou beskikbaar in druk- en PDFformaat, as ‘n stel of individueel. Die ander boeke in die reeks is Die Noordwaartse Beweging van die Boere voor die Groot Trek (1770-1842) en TREK ? Studies oor die Mobiliteit van die Pioniersbevolking aan die Kaap (1770-1842).