• Die Kaapse Helpmekaar

    Die Kaapse Helpmekaar

    0

    Die boek beoog om die verhaal van die Kaapse Helpmekaar as katalisator in die ekonomiese opheffing van Afrikaners in die vaarwater van die Rebellie van 1914-15 te vertel. In die proses was die Kaapse Helpmekaar, met sy fokus op opvoeding en onderwys, ‘n bemiddelaar in Afrikaner-opheffing, selfrespek en aansien. Dit was dus ‘n fasiliteerder van Afrikaner sosiale mobiliteit. As ‘n kredietverskaffer vir tersiore opleiding van Afrikaanse studente vir meer as ‘n honderd jaar, verteenwoordig dia verhaal in ‘n sekere sin die verhaal van Afrikaners ? van hul armblanke-status in die vroeg 20ste eeu tot vooruitstrewende burgers van die kapitalistiese verbruikerskultuur van die 21ste eeu. Die verhaal van die Kaapse Helpmekaar resoneer in die sin ook met die huidige debatte rondom die finansiering van tersiore onderrig. Dit verskaf ‘n Afrikaner-antwoord op ‘n 20ste eeuse #feesmustfall-uitdaging wat, ten spyte van die verskil in konteks, ‘n templaat en ‘n benadering voorhou waarby ‘n 21ste eeuse Suid-Afrika steeds baat kan vind.

    eBook: View eBook Version

    R550,00
    Add to cart
  • Die Lewende Stem van die Evangelie

    Die Lewende Stem van die Evangelie

    0

    Prediking hier in Johan Cilliers se vernuwende jongste boek beskryf as die hart en siel van die kerk vra om konstante hersiening, sowel as trou aan die beginsels. Vandaar die boek se subtitel: ONuut gedink oor die basiese beginsels van predikingO.

    Die lewende stem van die evangelie is On gesaghebbende teksboek vir alle studente van die teologie en On aansporende handleiding vir predikers.

    Dit is ook beskikbaar in Engels as The living voice of the gospel.

    R295,00
    Add to cart
  • Die mond vol vuur

    Die mond vol vuur

    0

    Die belangrikheid van Breyten Breytenbach in die literore, kulturele en politieke landskap van Suid-Afrika kan moeilik oorskat word. As skrywer het hy ‘n monumentale oeuvre opgebou wat bestaan uit digbundels, kortverhaalbundels, romans, prosatekste, outobiografiese tekste, reisboeke, teaterstukke, essaybundels en skrywershandleidings. As skilder het hy ‘n indrukwekkende korpus van werke geproduseer. As openbare figuur het hy hom volhardend bly bemoei met Suid-Afrikaanse toestande ten spyte van die feit dat hy vir die grootste deel van sy lewe buite die land gewoon het. Hierdie boek gee ‘n oorsig van verskillende aspekte van Breytenbach se skryfwerk. Die boek lewer verslag van ‘n jare lange belangstelling in Breytenbach se werk, veral sy poasie. In sy geheel reflekteer die boek die verskillende leesstrategiea waartoe die werk van hierdie skrywer die leser uitnooi. Sommige van die hoofstukke ondersoek bepaalde temas in sy oeuvre, terwyl ander op spesifieke tekste fokus [vir die] plesier wat dit kan gee om woord vir woord met ‘n Breytenbach-teks besig te wees.

    R415,00
    Add to cart
  • Die Noordwaartse beweging van die Boere voor die Groot Trek (1770-1842)

    Die Noordwaartse beweging van die Boere voor die Groot Trek (1770-1842)

    0

    Hierdie reeks van 4 historiese boeke deur P.J. van der Merwe herleef weer deur middel van digitale druk-tegnologie. Die oorpronklike boeke is geskandeer en is nou beskikbaar in druk- en PDFformaat, as On stel of individueel.

    Die ander boeke in die reeks is Die Noordwaartse Beweging van die Boere voor die Groot Trek (1770_1842) en TREK Studies oor die Mobiliteit van die Pioniersbevolking aan die Kaap (1770_1842).

    R450,00
    Add to cart
  • Die reis gaan inwaarts

    Die reis gaan inwaarts

    0

    ‘By Schoeman word individuasie nie ‘n selfsugtige wegkeer van die realiteit nie ? daarvoor is sy werk ta betrokke by die situasies van die dag. Maar dit help om afstand te skep. Die onthegting van die omringende is nie ‘n selfsugtige inkeer na binne nie, nie ‘n verlammende onttrekking nie, maar ‘n inwaartse reis wat stimuleer tot kreatiewe ondersoek van die onbewuste. Die romans neem die leser op daardie stille reis. Hulle bied ervarings van ‘n ontmoeting met die stilte, met die self. Hierdie werk van Wepener slaag daarin om iets van hierdie proses en inwaartse reis te verduidelik, sonder om voorskriftelik of moraliserend te raak. Juis daarom gee Wepener uiteindelik op ‘n praktiese manier leiding aan diegene wat met die dood gekonfronteer word.?
    Vanuit die Voorwoord deur Willie Burger, Mei 2017

    eBook: View eBook Version

    R350,00
    Add to cart
  • Die reis gaan inwaarts

    Die reis gaan inwaarts

    0

    “e;By Schoeman word individuasie nie ‘n selfsugtige wegkeer van die realiteit nie – daarvoor is sy werk te betrokke by die situasies van die dag. Maar dit help om afstand te skep. Die onthegting van die omringende is nie ‘n selfsugtige inkeer na binne nie, nie ‘n verlammende onttrekking nie, maar ‘n inwaartse reis wat stimuleer tot kreatiewe ondersoek van die onbewuste. Die romans neem die leser op daardie stille reis. Hulle bied ervarings van ‘n ontmoeting met die stilte, met die self. Hierdie werk van Wepener slaag daarin om iets van hierdie proses en inwaartse reis te verduidelik, sonder om voorskriftelik of moraliserend te raak. Juis daarom gee Wepener uiteindelik op ‘n praktiese manier leiding aan diegene wat met die dood gekonfronteer word.”e; Vanuit die Voorwoord deur Willie Burger, Mei 2017

    Print: View Print Version

    R0,00
    Add to cart
  • Die tand van die tyd

    Die tand van die tyd

    0

    Jac Conradie se intreerede as professor aan die Universiteit van Johannesburg het as titel ?Die tand van die tyd? gehad. Die bydraes in hierdie bundel weerspieal iets van Jac se veelsydigheid en van sy impak op die akademie. Bydraes uit Europa, Noord-Amerika en Afrika deur taalkundiges, letterkundiges en historici getuig van die respek wat Jac oor ‘n wye akademiese front afdwing. As die huldiging van ‘n loopbaan, van ‘n wetenskaplike, maar ook van ‘n wellewende mens, kan hierdie bundel nie genoegsaam wees nie, maar dit is ‘n aanduiding van die waardering en hoa agting wat akademici die woreld oor vir Jac het

    R315,00
    Add to cart
  • Die Trekboer in die geskiedenis van die Kaapkolonie (1657-1842)

    Die Trekboer in die geskiedenis van die Kaapkolonie (1657-1842)

    0

    Hierdie reeks van 4 historiese boeke deur P.J. van der Merwe herleef weer deur middel van digitale druk-tegnologie. Die oorpronklike boeke is geskandeer en is nou beskikbaar in druk- en PDFformaat, as ‘n stel of individueel. Die ander boeke in die reeks is Die Noordwaartse Beweging van die Boere voor die Groot Trek (1770-1842) en TREK ? Studies oor die Mobiliteit van die Pioniersbevolking aan die Kaap (1770-1842).

    R390,00
    Add to cart
  • Die verhaal van die Griekse Taal oor 35 Eeue heen

    Die verhaal van die Griekse Taal oor 35 Eeue heen

    0

    Vir die eerste keer in Afrikaans (die jongste Westerse taal wat in die afgelope eeu reeds sy eie unieke letterkunde geskep het) word die verhaal van Grieks vertel, die oudste Westerse taal waarin feitlik al die bekende literore genres hul weergalose vorm en gestalte gekry het. Hoewel hierdie publikasie basies linguisties van aard is, poog die skrywer om die dramatis personae self ook aan die woord te stel in plaas van om net in taalkundige jargon te verval. Om ‘n werk soos hierdie saam te stel, vereis kundigheid in verskeie vaksubgebiede wat begin by oer-Grieks in sy sillabiese lynskriffases A en B. Die Grieks van die Goue Era van Perikles se Athene (circa 500 v.C.) is die bekendste. Min mense besef egter dat Homeros bedrieglik pre-klassiek is. Die klassieke Griek kon sy twee groot eposse (die Ilias en die Odusseia) nie sonder meer vlot lees nie. Dit was hulle Chaucer en Shakespeare. Die Griekse NT is sekerlik die belangrikste dokument wat ooit in Grieks opgestel is, hoewel dit stilisties nie naastenby die beste is nie. Vir sy bespreking van veral die semantiek van Moderne Grieks gebruik die skrywer hier vir die eerste keer dr. Philip NicolaUdes se uitvoerige Grieks-Afrikaanse Woordeboek van 843 foliogrootte bladsye. Dis teen die middel van die vorige eeu opgestel, maar is nooit gepubliseer nie. Gerrit Kruger besit vandag die enigste (oorspronklike) kopie daarvan.

    eBook: View eBook Version

    R575,00
    Add to cart
  • Die verhaal van die Griekse Taal oor 35 Eeue heen

    Die verhaal van die Griekse Taal oor 35 Eeue heen

    0

    Vir die eerste keer in Afrikaans (die jongste Westerse taal wat in die afgelope eeu reeds sy eie unieke letterkunde geskep het) word die verhaal van Grieks vertel, die oudste Westerse taal waarin feitlik al die bekende literere genres hul weergalose vorm en gestalte gekry het. Hoewel hierdie publikasie basies linguisties van aard is, poog die skrywer om die dramatis personae self ook aan die woord te stel in plaas van om net in taalkundige jargon te verval. Om ‘n werk soos hierdie saam te stel, vereis kundigheid in verskeie vaksubgebiede wat begin by oer-Grieks in sy sillabiese lynskriffases A en B. Die Grieks van die Goue Era van Perikles se Athene (circa 500 v.C.) is die bekendste. Min mense besef egter dat Homeros bedrieglik pre-klassiek is. Die klassieke Griek kon sy twee groot eposse (die Ilias en die Odusseia) nie sonder meer vlot lees nie. Dit was hulle Chaucer en Shakespeare. Die Griekse NT is sekerlik die belangrikste dokument wat ooit in Grieks opgestel is, hoewel dit stilisties nie naastenby die beste is nie. Vir sy bespreking van veral die semantiek van Moderne Grieks gebruik die skrywer hier vir die eerste keer dr. Philip Nicolaides se uitvoerige Grieks-Afrikaanse Woordeboek van 843 foliogrootte bladsye. Dis teen die middel van die vorige eeu opgestel, maar is nooit gepubliseer nie. Gerrit Kruger besit vandag die enigste (oorspronklike) kopie daarvan.

    Print: View Print Version

    R0,00
    Add to cart
  • Die vlug van Gods verbeelding

    Die vlug van Gods verbeelding

    0

    Die God van die Bybel is die God wat die miskendes en ontneemdes, die randfigure wat deur ander geUgnoreer word, raaksien en liefhet. Dit is dia oortuiging wat die fondament en vesel van Die vlug van Gods verbeelding vorm. Hierdie waarheid word op boeiende wyse geUllustreer aan die hand van bekende en halfvergete Bybelverhale oor mense, meestal vroue, wat aan die voetekant van die geskiedenis lewe in die skadu van maghebbers. Aan die beurt kom Hagar en Ismael, Tamar, dogter van Dawid, en Rispa, die vrou van Saul. Uit die Nuwe Testament ontmoet ons die Kananese vrou, die Samaritaanse vrou en Lasarus, Maria en Martha.

    R280,00
    Add to cart
  • Discerning God's Justice in Church, Society and Academy

    Discerning God’s Justice in Church, Society and Academy

    0

    Jaap Durand, former professor of Systematic Theology and vice-rector of the University of the Western Cape, celebrated his 75th birthday on 5 June 2009. This volume includes a foreword by Desmond Mpilo Tutu, essays by Jaap Furstenberg, Allan Boesak, Russel Botman, Nico Koopman, Bernard Lategan and Dirkie Smit. In addition, there are 22 shorter reflections from Jaap Durand’s friends, colleagues and former students.

    R290,00
    Add to cart