Description
Die roete na die beste moontlike wetenskap gaan langs allerlei kronkelwee van ewekniebeoordeling met die voorkeure, aannames, vooroordele en oortuigings van die beoordelende lesers.
Die boek behels n ondersoek van interdissiplinere en filosofiese aard na die geldigheid en probleme met ewekniebeoordeling, beleidsake wat wetenskapkwaliteit mag bedreig of bevorder, n soeke na die beste maniere om wetenskap wel te bevorder en die voorwaardes waaraan so n aktiwiteit behoort te voldoen, en n alternatief vir die beoordelingstelsel met sterk beklemtoning van kommunikasie deur die hele proses heen.