Description
Die God van die Bybel is die God wat die miskendes en ontneemdes, die randfigure wat deur ander geUgnoreer word, raaksien en liefhet. Dit is dia oortuiging wat die fondament en vesel van Die vlug van Gods verbeelding vorm. Hierdie waarheid word op boeiende wyse geUllustreer aan die hand van bekende en halfvergete Bybelverhale oor mense, meestal vroue, wat aan die voetekant van die geskiedenis lewe in die skadu van maghebbers. Aan die beurt kom Hagar en Ismael, Tamar, dogter van Dawid, en Rispa, die vrou van Saul. Uit die Nuwe Testament ontmoet ons die Kananese vrou, die Samaritaanse vrou en Lasarus, Maria en Martha.