Description
Alhoewel sy vandag onthou word as een van die land se beroemdste en geliefdste kunstenaars, het die moderne en unieke styl van Maggie Laubser aanvanklik veel meer kritiek as erkenning gelok. Met ‘n unieke invalshoek en fokus op haar 149 skilderye wat sedert haar heengaan in 1973 in die Universiteit Stellenbosch se kunsversameling opgeneem is, bring ‘n Venster op Altyd Lig hulde aan en neem lesers op ‘n reis deur die lewe en werke van ‘n selfekspressionistiese kunstenaar deur wie die Suid-Afrikaanse kunsgeskiedenis sonder twyfel aansienlik verryk is.