Description
Hierdie boek is nie On geskiedenisboek nie. Dit is On samestelling van sommige OstemmeO van Clarkson.
Die idee om oor Clarkson te skryf is gebore uit On begeerte om van die stories van Clarkson te vertel, soos ons dit onthou, sowel as die huidige stem van Clarkson in te sluit. Die stemme in hierdie boek is stemme op verskillende wyses, deur kinders van Clarkson gepen. Dit sluit in On kort oorsig van Clarkson deur Dr Eldrid Uithaler. Ek sluit ook in die stem van een van die langste dienende onderwyseresse aan Clarkson Primr. Juffou Victoria Lawack, of Juffrou OTorieO, sowel as die perspektief van my Pa, Jonathan Lawack, of OMeesterO, voormalige skoolhoof van Clarkson Primr. Daarna volg die stemme van ander kinders van Clarkson, staaltjies, soos die byname van mense in Clarkson, verskillende of eiesoortige gebruike, sommige kleurvolle karakters uit die verlede en die musiekstemme van weleer en die hede.
Die kunstige stemme soos musiek, gedigte en fotoOs vertel sy eie storie. Hierdie boek sluit in sommige OalumniO van Clarkson om die onderrigstem van Clarkson en die nalatenskap te bewaar. Die boek sluit af met On stem uit die hede en skets On prentjie van die huidige Clarkson. Dis nie net On nostalgiese verhaal nie en dus vra ek by voorbaat om verskoning as die huidige prentjie anders daar uitsien.