Description
Stellenbosch Gholfklub is ‘n omvattende volume wat na die gholfklub se geskiedenis kyk vanaf 1904 tot 2020. Die boek skop af by die stigtingsjaar en sluit verskeie sleutelgebeurtenisse in: Wereldoorlog I & II; die uitbreiding van die bane vanaf die eerste gras-setperke ingestel is tot die 18-putjiebaan ‘n werklikheid word; verskeie lede wat kampione geword het en toernooie gewen het; die gholfklub wat die PGA-toernooi huisves; en die vrouafdeling van die gholfklub. Die boek sluit af met ‘n lys van die presidente en klubkapteins sedert die stigting van die gholfklub.