Availability: In Stock

Plate en Politiek

R435,00

Populore Afrikaanse musiekkunstenaars het sover goed gedoen in post?apartheid Suid-Afrika en geniet die entoesiastiese ondersteuning van lojale volgelinge. Hierdie ondersteuning word aangevuur deur ‘n komplekse stel emosies wat verband hou daarmee ?om Afrikaans te wees? in ‘n kultureel pluralistiese samelewing. In Plate en Politiek ondersoek Van der Merwe die interaksie tussen populore musiek en die ontvouing van ‘n Afrikaanse kultuurpolitiek vanaf die begin van die twintigste eeu tot die hede. Dit sluit ‘n soektog in na die eerste opgeneemde Afrikaanse liedere en dokumenteer die daaropvolgende fases van musiekontwikkeling wat die agentskap van ordinore mense ? kunstenaar en luisteraar ? weerspieal teen die agtergrond van fundamentele sosiale en politieke verandering. Dit besin oor beide die musiekhoofstroom en meer alternatiewe musiek, en ontbloot onder andere, historiese voorbeelde van die akkommodering van, en verset teen, die meesternarratief van die Afrikanernasionalistiese ideologie, pogingsvan kulturele entrepreneurs om beheer uit te oefen oor populore Afrikaanse kultuur, klassespanning, blywende rasse-eksklusiwiteit, protes en sensuur, en die post?apartheid oproeping van Afrikaner nostalgie en wit slagofferskap. Uiteindelik bied Plate en Politiek ‘n on-onderbroke weergawe van, en ‘n kritiese blik op, meer as ‘n eeu van opgeneemde Afrikaanse musiek.

eBook: View eBook Version

Buy Type

Category: ISBN: 9781928357681

Description

Additional information

book-format

Paperback